Die Rammelland van ’n Rotsrymelaar

Ballades, odes en verssprake deur Japie Basson
POLITIKA (Hardeband, 72 bladsye, slegs 100 genommerde linnegebonde eksemplare)
[INSERT Cover image to come]

Op 20 September 2007 het Japie Basson en sy vrou Clare – alom bekend as Liefie – hul huwelik op ’n baie spesiale manier herdenk. As ’n huldeblyk is hierdie bundel – bestaande uit verse en ballades wat die skrywer self oor die jare heen geskryf het –  deur sy dogter Caro saamgestel en gepubliseer.
Die bloemlesing is nie in die kleinhandel beskikbaar nie, aangesien dit ’n heel private geleentheid was, maar is wel op aanvraag bekikbaar vir enigiemand wat sou belang stel.               
________________________________________________________________________

Inleiding tot Rammelland

Hoor-hie’! Hoor-hie’! Hoor-hie’!
’n Ballade is ’n gedig met ’n stórie.
Daar is geen besondere geheim daarby.
’n  Koningshuis het gewoonlik sy Poet Laureate – sy
hofdigter, nie waar?
Maar ons hier in Clifton het geleer-en-kom-klaar –
by gebrek aan ’n majesteit van bloubloed-aar –
met die prulle en pleisters van ’n rotsrymelaar.

Inhoudsopgawe
Gerymdhede oor ongerymdhede
1 Ballade oor ’n Kaskenade
2 Clare’tjie, Asseblief, Soek Jy vir Oupa daai Skêrtjie!
3 Die Reёls van die Lat vir al ons Siele op Pad
4 Akkedis! Akkedis!
5 Ballade oor ’n Verjaardag en ’n Gefluit in die Nag
6 Die Uwe, die Nuwe Suidwes
7 Namibiё

Geleentheidsryme
8 Deur  Huisgenootlike Bril
9 Selfs die Man in die Maan
10 Eet die Wolke en Drink die Wind
11 Veels Geluk Liewe Maatjie
12 Heil die Jong Sestiger van Panorama
13 Ballad to a birthday Bright
14 “Uit die Mond van die Suigeling ...”
15 Believing in Tomorrow
16 Dank die Vader
17 Verjaardaglied

 


    English  |  Afrikaans Created by quickOnline