Japie Basson is steeds aan die gang, en binnekort gaan ’n bundel van sy belangrikste en opspraakwekkendste toesprake in die Volksraad met die titel Meneer die Speaker! in boekwinkels beskikbaar wees. Dit gee lesers ’n kans om byvoorbeeld sélf agter te kom waarom die destydse Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, Basson na een van sy Volksraad-toesprake uit die Nasionale Party se koukus gesit het! Toegang tot die skrywer se besondere versameling Hansards, politieke plakboeke en tekste van buiteparlementêre toesprake sorg dat hierdie boek van belang sal wees vir elkeen wat in Suid-Afrika se politiek belang stel.