State of the Nation as seen from a Front Bench in Parliament


______________________________________________________________________

Koerantdebatte en -artikels deur Japie Basson

Politika (Sagteband, 244 pp, ISBN 0-620-40907-0, prys R195)

Bogenoemde outobiografiese werke is in Afrikaans geskryf, en het dus nie so ’n breë leserstal bereik as wat die geval sou wees as hulle in Engels geskryf was nie.
’n Reeks debatte met die titel State of the Nation as Seen from a Front Bench in Parliament, 1969-1981 het nou pas verskyn. Dié versameling van Basson se geskrifte dek ’n tydperk van 12 jaar.

In 1969 het die redakteur van die Sunday Tribune Basson en een van sy politieke teenstanders, dr. Jan Smith, gevra om weeklikse artikels vir die koerant te skryf en onder die titel “Face to Face” mekaar se standpunte oor talle onderwerpe te bespreek. Hulle het dit in daardie jaar 30 weke lank gedoen.

In 1971 het die redakteur van die Sunday Times Basson ook genooi om ’n reeks artikels oor die destydse stand van die politiek in Suid-Afrika te skryf. Dié artikels het 45 weke lank elke Sondag verskyn.

In die loop van 1980 het Basson ook artikels geskryf vir die Eastern Echo, ’n Johannesburgse streekskoerant.

“In State of the Nation,” skryf Paul Murray in sy inleiding, “lees ons die opposisie-standpunt uit ’n Parlementêre voorbank, asook regstreekse menings oor die Presidentsraad ... ons hoor ook vanuit ’n baie spesiale bron van Suid-Afrika se party-politieke geskiedenis en filosofie ten opsigte van ’n wye verskeidenheid onderwerpe wat nie normaalweg as ’n boek beskikbaar sou wees nie.” Baie belangrike gebeure in Suid-Afrika se historiese woelinge word verklaar en verhelder deur ’n “volwasse en skrander verstand”, soos Murray dit stel. Hy sê voorts:
“Basson se geweldige sterk weerstand teen die onbillike wyse waarop konserwatisme ’n volk se gedagtegang in ’n laer-mentaliteit teen swartes ingehok het, is ’n halfeeu lank in die Parlement gehoor. Sy geskrifte in State of the Nation bewys dit sterk en duidelik.”

Dié onthullende artikels vertel in Engels, baie van wat in bogenoemde drie Afrikaanse titels geskryf is, maar in die gedaante van ’n debat – ’n debat wat nou as deel van Basson se erfenis in boekvorm gebind is.

Opsomming van die inhoud

Deel 1: Sunday Tribune: Line of Debate
Mei 1969 - Desember 1969
“Face to Face”: artikels waarin menings met dr. Jan Smith gedeel en teengestaan word

Deel 2: Sunday Times: Line of Thought
Oktober 1971 - Desember 1972
Artikels oor die opposisie se standpunt wat vir die koerant geskryf is

Deel 3: Eastern Echo: Line of Conflict
Augustus 1980 - Mei 1981
Artikels oor veral die Presidentsraad



    English  |  Afrikaans Created by quickOnline